Vrydag, 31 Augustus 2018
Waar het die tyd heen gevlieg??? Ek kan nie glo vier weke is so vinnig verby nie.
Vandag was ons laste dag van ons proef tydperk. Dit was ‘n baie prettige dag by die skool gewees. Die Graad 7’s het entrepreneurs dag gehad en dit was groot pret gewees. Die idees waarmee hul opgekom het om te verkoop/te doen was iets unieks gewees. Die een stalletjie het “lego jellie” gehad, die ander het emojies verkoop is eetbare vorms en een het ‘n “maze” gehad wat die leerders moet voltooi met ‘n balletjie om ‘n prys te wen. Die leerders het hul gate uit geniet, maar soos jul kon raai was akademie heel laaste op die lys van belangstelling gewees. Dit was feitlik onmoontlik om met hul te werk, tog het ons dit op ‘n manier reg gekry om produktief te wees.
My proef tydperk was vir my regtig ‘n baie lekker ervaring gewees. Dit is vir my so lekker om daai gesiggies te sien die eerste keer as hul iets snap of net as hul iets reg kry na die hoeveelste probeerslag. Vir my is onderwys soveel meer as net ‘n juffrou wat voor in ‘n klas staan. Vir my is dit ‘n juffrou wat omgee oor haar leerders en hul inspireer dat hul tot enige iets in staat is, dit is daai liefde wat jy vir hul gee wat hul so brood nodig het, dit is die harte wat jy as juffrou aan raak en ek sal DIT vir niks in die wêreld verruil nie!!
Sien jul volgende week in klas! Xxx
Entrepreneurs dag💃🏼🤩
Roomys Fudg |
Emojie stalletjie |
Lego Jelly |
No comments:
Post a Comment