Maandag, 30 Julie 2018
En so begin ons as tweede jaar grondslagfase
Studente se laaste week op kampus voor ons uit gaan op WIL, wat ‘n besige week
gaan dit nie wees nie? Ek moet die laaste goed uitsorteer voor ek gaan proef en
nog 10 000 dinge vir die koshuis doen! Maar nou ja nuwe week nuwe dinge hier
gaan ons!
Ons het verlede week, 23 Julie 2018, ‘n opdrag
gekry vir hierdie week waar ons ‘n musiek geïntegreerde aktiwiteit vir
grondslagfase leerders moet aanbied. Ons het in ons groepe verdeel en ons was
ses meisies in ons groep. In ons groep het ons verskillende take gekry om seker
te maak alles verloop seep glad.
Ons aktiwiteit het gegaan oor “My Liggaam”.
Ons kon die aktiwiteit eintlik met so baie integreer byvoorbeeld, taal, dans en
lewens vaardigheid. Ons het begin deur ‘n liedjie te sing en die bewegings te
doen van “kop, skouers knieë en tone” of beter beken as “head, shoulders, knees
and toes” Ons het die liedjie eers gedemonstreer en toe het die hele klas dit
saam met ons gedoen.
Ons het ‘n plakkaat van ‘n dogtertjie teen die
bord vas geplak en verskillende liggaam dele op flits kaarte langs die plakkaat
op die bord geplak. Die leerders moes die liggaamsdele identifiseer en die regte
flits kaart op die regte liggaamsdeel plak. Ons kon ook dit met taal integreer
deur die leerders te vra om die woordjie te klank en te skryf.
Die les vandag was vir my baie lekker en
interessant om almal se idees te sien. Almal het regtig baie moeite gedoen met
hul aktiwiteite en daar was verseker ‘n paar wat ek gaan uit probeer!
Ek glo deur ‘m musiek geïntegreerde les aan te
bied maak dit vir die leerders lekke om te leer en hulle vergeet dat wiskunde
of taal “moeilik” is. Hierdie tegniek is ‘n wenner!!
Hier is die liedjie wat ons gebruik het
:: https://www.youtube.com/watch?v=ZanHgPprl-0
No comments:
Post a Comment