Ek kan nie glo nog ‘n week is verby nie! Die dae
vlieg verby asof hulle een of ander resies wil wen! Maar in any way terug by die die week!
Ek het nie veel te sê oor hierdie week behalwe
dat die week het nogal rof was! Ek en my mentor onderwyser was lekker siek gewees
die week so alles was ‘n bietjie deur mekaar! My mentor onderwyser is die
musiek juffrou van die skool, so as gevolg van dat sy siek was kon die junior primêr
nie sang hê Maandag nie maar ons het
darm vinnig ‘n plan gemaak om dit Vrydag in te haal, want die leerders LOVE die
sang klas! Die sang periode is die hoogtepunt van die leerders se week en hulle
((en ek)) sien baie uit na die sang periodes! Ek heg ‘n kort video aan van die
sang klas.
Die week was ons ook besig met assessering en
die leerders het ongelooflik goed gedoen! Ek is supper trots op hulle.
Dit is al vir nou, tot volgende week! xx
No comments:
Post a Comment