Woensdag, 08 Augustus 2018
Hierdie week was die eerste wee van ons WIL
tydperk vir die tweede semester 2018. Dit was een baie lekker week gewees!! Ek
is by dieselfde skool geplaas as die eerste semester en ek is by ‘n graad 3
klassie. Ek het die mees wonderlikste juffrou! Sy is net ‘amazing’ in wat sy
doen en haar passie vir kinders straal by haar uit!! Ek het ‘n gevoel ek gaan
nog baie by haar leer.
Maandag het ons ‘n Engelse les gedoen waar ons
die leerders vertel het oor die verskillende soorte voedsel en hoe om gesond te
eet, en kan julle glo wat gebeur toe? Ons het die les integreer met musiek,
dans en kuns om die leerders van gesonde kos!! Ons het vir die leerders ‘n
liedjie gespeel oor die verskillende kleure van groente en vrugte. Ons het
lekker saam gesing en gedans. Die leerders het dit baie geniet en later die dag
het hulle die liedjie nog steeds gesing!
Ons het hulle ‘n liedjie geleer oor die verskillende vitamienes en hul
funksies.
Dit was vir my baie lekker om te sien dat
onderwysers musiek in hul lesse integreer. Ek gaan musiek verseker eendag in my
klas gebruik!
Hierdie week was vir my regtig baie lekker en
ek kan nie wag om te sien wat die res van die WIL tydperk vir my in hou nie!
Hier is die liedjie oor die verskillende kleur
van vrugte en groente :: https://www.youtube.com/watch?v=0YxD2tsvCWQ
No comments:
Post a Comment