Vandag was ons tweede klas in LSKM 221. Vir
ons nuwe lesers wat nie die eerste blog post gelees het nie, hier is ‘n bietjie
agtergrond. LKSM 221 handel oor musiek in die grondslagfase. Nie noodwendig hoe
om die instrumente te beoefen nie maar hoe om musiek vir daai klein lyfies te onderrig
en hoe ons dit kan integreer in ‘n les.
Vandag se klas het gegaan oor kunste
integrasie reg deur die kurrikulum.
Aan die begin van die klas het elke student ‘n
“pyp” gekry. Die “pype” is eintlik ‘Boomwhackers’, en was dit nou lekker om met
dit te speel!! Boomhwackers is verskillende kleure en lengtes. Die lengtes van
die Boomwhackers maak dat elke pyp ‘n spesifieke noot (A, B, C, D, E, F, G) maak
as dit presies in die middel teen iets (jou hand, jou been of die banke)
geslaan word. Elke noot verteenwoordig ‘n sekere kleur:
·
A – Pers
·
B – Pienk
·
C – Rooi
·
D – Oranje
·
E – Geel
·
F – Lig groen
·
G – Donker groen
Die verskillende kleure maak dit makliker ditom die speletjie meer vloeiend te laat plaas
vind en om die note met mekaar te assosieer. Daar word ‘n video op ‘n skerm gespeel
en die leerders volg die blokkie wat hop en slaan dan op sy spesifieke kleur as
die blokkie daar op hop.
Hier is so paar video’s om te demonstreer hoe
dit gedoen word.
Boomhwackers beoefen nie net die ritme en
musiek van ‘n leerder nie maar kan ook met kuns en wiskunde integreer word.
·
Kuns - kan die kleure van die Boomhwackers gebruik
word om die leerders te leer van die kleur wiel en die primêre- en sekondêre
kleure.
·
Wiskunde – kan dit gebruik word om
vir die leerders breuke te verduidelik.
Die tweede aktiwiteit wat ons gedoen het is: Daar is ‘n liedjie vir ons
gespeel en ons moet ‘n storie skryf of ‘n prentjie teken oor wat ons voel.
Almal se stories het verskil alhoewel daar ‘n deurlopende tema was van
oorwinning en geluk. My storie het gegaan oor ‘n prins wat teen iemand moes
baklei om uiteindelik by sy prinses uit te kom (( die prins het natuurlik gewen
😉)).
Vrae
vir die dag:
1. Wat is kunste
integrasie?
·
Daar is twee tipes
kunste integrasie in die klaskamer naamlik:
i. Integrasie
van kuns in ander vakke bv. Taal of wiskunde. Die onderwyser moet egter net
besluit watter vak gaan sy fokus. Dit is ‘n baie lekker manier om wiskunde of
taal vir die leerders lekker te maak.
ii. Integrasie van musiek met ander kuns vorms bv. Sing,
dans of teken
·
Dit is baie
belangrik dat integrasie van vakke vloeiend saam vloei omdat al twee vakke (bv.
Musiek en wiskunde) gelyktydig onderrig word.
·
Leerders geniet die
aktiwiteite en is baie meer ontspanne omdat hulle dink hulle speel en vergeet
dat hulle eintlik besig is met ‘n wiskunde les, dus leer hulle makliker die
nuwe konsepte aan.
·
Die verskillende
kulture kan ook “relait” met die inhoud en die leerders word ook blootgestel
aan die verskillende kulture.
·
Die belangrikste
aspek is : KRITIESE DENKE. Dit is baie belangrik dat leerders kritiese denke
ontwikkel
3. Hoe
bevorder kunste-integrasie die holistiese ontwikkeling van Grondslag Fase
leerders?
·
Sosiale ontwikkel : Dit speel is baie belangrike rol op die leerder se ontwikkeling. Dit sluit
alles in wat die leerders in groepverband doen en leer. Die leerders leer
sosiale vaardighede aan omdat hulle in groepe werk en daar vind interaksie
plaas. Dit help ook dat hulle by mekaar leer en mekaar help in ‘n taal/op ‘n
vlak wat hulle verstaan.
·
Emosionele ontwikkeling : Die leerders voel hulle pas in, so kan dit die leerders help met die uitdrukking van
hulle emosies en wys wat is hoe voel hulle oor ‘n saak.
·
Kognitiewe ontwikkeling : Dit help die leerders om te fokus en verstaan
asook die ontwikkeling van kritiese denke. Die leerders se lyfie en geheue werk
saam as een. Dit maak ook die leer makliker vir die leerders
·
Fisiese ontwikkeling : Dit help die leerders om hul fisiese vermoë te help ontwikkel soos
byvoorbeeld, ritme, hand-oog koördinasie en groot- en fynmetoriese
ontwikkeling. Dit help ook die leerders om te kan wees.
·
Persoonlike ontwikkeling : Dit help die leerders om ‘n goeie selfbeeld,
welstand en selfvertroue te ontwikkel.
4. Waarom in
kunste integrasie ‘n waardevolle strategie?
·
Dit skep ‘n balans
tussen die verskillende leer velde asook tussen kulture
·
Dit leer die
leerders van die verskillende kulture soos hulle musiek, rituele en
tradisionele danse.
·
Die leerders leer
ook respek vir die verskillende kulture.
No comments:
Post a Comment