Monday, September 10, 2018

Maandag, 10 September 2018

Maandag, 10 September 2018

Vandag is sommer weer ‘n koue oggend en ek weet regtig waar nie wat het van lente geword nie! Maar in elk geval kom ons vat die dag soos hy kom.

In vandag se klas het ons gesels oor die verskillende manier wat ons musiek kan onderrig. Ons het met die ritmes geëksperimenteer en rondgespeel met die verskillende liedjies.

Ons het in groepe gedeel waar elke groep iets anders gedoen het om die ritme aan te dui. Wel ek gaan nou nie eers suger coat nie,, ek kan ritme hou as ek alleen daar op moet fokus en almal dieselfde doen, maar as almal verskillende goed doen om ritme te hou en ons moet drie dinge gelyk doen val ek van die perdjie af! Ek fokus regtig hard op dit maar sjoe dit is moeilik! Ek moet wel se ek kry dit vir die eerste drie keer reg en dan is dit all down hill from ther.  Dit is my persoonlike doelwit in hierdie klas om dit regte kry.

Ons het ook almal dieselfde liedjie gesing en net op verskillende tye begin sing. Ek is baie trots op myself om te sê ek kan dit darm doen al het ek nou nie die stem van ‘n sanger nie. 

Op die ou einde het ek die klas baie geniet en het baie geleer.

No comments:

Post a Comment