LEEREENHEID 5 - BEPLAN 'N MUSIEK LES
1. Die basiese struktuur en inhoud van 'n goed beplande musiek les:
· Al die kennis moet aangeleer word deur middel van ‘n aktiwiteit omdat hul nog nie vir te lank kan konsentreer nie.
· Dit moet die atmosfeer ophelder.
· Die les moet op standaard wees dus moet dit ‘n liedjie wees waarvan leerders hou en wat hul ken.
· Die leerders moet aktief betrokke wees.
2. Kies en evalueer die verskillende onderrig metodes:
· Gebruik van tegnologie.
· Leerder gesentreerd.
· Onderwyser gesentreerd
· Onderwyser- en leerder gesentreerd
3. Inkorporeer beweging, speletjies en kuns strategieë:
· Die leerders moet die heeltyd beweeg en aktief betrokke wees om hul konsetrasie te behou.
· Speletjies is altyd ‘n wenner. Byvoorbeeld; head, shoulders, knees and toes; kan die kippie speletjie en ring a rousies.
· Dit is baie belangrik om beweging, speletjie en kuns deel te maak van musiek.
4. Leeraktiwiteite wat aktiewe deelname bevorder:
· Vir die jong ouderdomme is dit baie belangrik om prentjies by te sit en dinge saam met hulle te doen omdat hulle leer deur na prentjies te kyk.
· Wiskunde kan beoefen word met behulp van musiek – byvoorbeeld leerders kan leer tel op die ritme van die musiek, hulle kan breuke leer met behulp van musiek note ens.
· In graad 3 kan hul instruksies uitvoer deur net te kyk na wat moet gebeur
5. Identifiseer, evalueer en die regte assessering kies:
· Die KABV dokument kan gebruik word.
· ‘n Assessering moet op die leerders se vlak gekies word en iets bietjie meer uitdagend ook wees om hul te bevorder.
· Meet die leerders se vordering individueel gemeet word en maak dan gebruik van die gemiddelde en persoonlike vordering vir punte.
· Dit is baie belangrik om almal in ag te neem omdat ons almal verskil, nie almal is musikaal en verstaan musiek so vinnig nie.
No comments:
Post a Comment