Monday, September 17, 2018

Leereenheid 5



LEEREENHEID 5 - BEPLAN 'N MUSIEK LES

1.    Die basiese struktuur en inhoud van 'n goed beplande musiek les:
·     Al die kennis moet aangeleer word deur middel van ‘n aktiwiteit omdat hul nog nie vir te lank kan konsentreer nie.
·     Dit moet die atmosfeer ophelder.
·     Die les moet op standaard wees dus moet dit ‘n liedjie wees waarvan leerders hou en wat hul ken.
·     Die leerders moet aktief betrokke wees.

2.    Kies en evalueer die verskillende onderrig metodes:
·     Gebruik van tegnologie.
·     Leerder gesentreerd.
·     Onderwyser gesentreerd
·     Onderwyser-  en leerder gesentreerd

3.    Inkorporeer beweging, speletjies en kuns strategieë:
·     Die leerders moet die heeltyd beweeg en aktief betrokke wees om hul konsetrasie te behou.
·     Speletjies is altyd ‘n wenner. Byvoorbeeld; head, shoulders, knees and toes; kan die kippie speletjie en ring a rousies.
·     Dit is baie belangrik om beweging, speletjie en kuns deel te maak van musiek.

4.    Leeraktiwiteite wat aktiewe deelname bevorder:
·     Vir die jong ouderdomme is dit baie belangrik om prentjies by te sit en dinge saam met hulle te doen omdat hulle leer deur na prentjies te kyk.
·     Wiskunde kan beoefen word met behulp van musiek – byvoorbeeld leerders kan leer tel op die ritme van die musiek, hulle kan breuke leer met behulp van musiek note ens.
·     In graad 3 kan hul instruksies uitvoer deur net te kyk na wat moet gebeur

5.    Identifiseer, evalueer en die regte assessering kies:
·     Die KABV dokument kan gebruik word.
·     ‘n Assessering moet op die leerders se vlak gekies word en iets bietjie meer uitdagend ook wees om hul te bevorder.
·     Meet die leerders se vordering individueel gemeet word en maak dan gebruik van die gemiddelde en persoonlike vordering vir punte.
·     Dit is baie belangrik om almal in ag te neem omdat ons almal verskil, nie almal is musikaal en verstaan musiek so vinnig nie. 


                                            

Leereenheid 4

LEEREENHEID 4 - KUNSTE GEINTEGREER IN DIE GRONDSLAGFASE 

Aan die begin van die klas het elke student ‘n “pyp” gekry. Die “pype” is eintlik ‘Boomwhackers’, en was dit nou lekker om met dit te speel!! Boomhwackers is verskillende kleure en lengtes. Die lengtes van die Boomwhackers maak dat elke pyp ‘n spesifieke noot (A, B, C, D, E, F, G) maak as dit presies in die middel teen iets (jou hand, jou been of die banke) geslaan word. Elke noot verteenwoordig ‘n sekere kleur:
·     A – Pers
·     B – Pienk
·     C – Rooi
·     D – Oranje
·     E – Geel
·     F – Lig groen
·     G – Donker groen
Die verskillende kleure maak dit makliker dit 
om die speletjie meer vloeiend te laat plaas vind en om die note met mekaar te assosieer. Daar word ‘n video op ‘n skerm gespeel en die leerders volg die blokkie wat hop en slaan dan op sy spesifieke kleur as die blokkie daar op hop.
Hier is so paar video’s om te demonstreer hoe dit gedoen word. 

Boomhwackers beoefen nie net die ritme en musiek van ‘n leerder nie maar kan ook met kuns en wiskunde integreer word. 
·     Kuns -  kan die kleure van die Boomhwackers gebruik word om die leerders te leer van die kleur wiel en die primêre- en sekondêre kleure.
·     Wiskunde – kan dit gebruik word om vir die leerders breuke te verduidelik.

Die tweede aktiwiteit wat ons  gedoen het is: Daar is ‘n liedjie vir ons gespeel en ons moet ‘n storie skryf of ‘n prentjie teken oor wat ons voel. Almal se stories het verskil alhoewel daar ‘n deurlopende tema was van oorwinning en geluk. My storie het gegaan oor ‘n prins wat teen iemand moes baklei om uiteindelik by sy prinses uit te kom (( die prins het natuurlik gewen😉)). 

Vrae vir die dag:

1.    Wat is kunste integrasie?
·     Daar is twee tipes kunste integrasie in die klaskamer naamlik:
i.               Integrasie van kuns in ander vakke bv. Taal of wiskunde. Die onderwyser moet egter net besluit watter vak gaan sy fokus. Dit is ‘n baie lekker manier om wiskunde of taal vir die leerders lekker te maak.
ii.             Integrasie van musiek met ander kuns vorms bv. Sing, dans of teken
·     Dit is baie belangrik dat integrasie van vakke vloeiend saam vloei omdat al twee vakke (bv. Musiek en wiskunde) gelyktydig onderrig word.

2.    Waarom is kunste integrasie ‘n waardevolle strategie in Suid-Afrikaanse Grondslag Fase klaskamers?
·     Leerders geniet die aktiwiteite en is baie meer ontspanne omdat hulle dink hulle speel en vergeet dat hulle eintlik besig is met ‘n wiskunde les, dus leer hulle makliker die nuwe konsepte aan.
·     Die verskillende kulture kan ook “relait” met die inhoud en die leerders word ook blootgestel aan die verskillende kulture.
·     Die belangrikste aspek is : KRITIESE DENKE. Dit is baie belangrik dat leerders kritiese denke ontwikkel 

3.    Hoe bevorder kunste-integrasie die holistiese ontwikkeling van Grondslag Fase leerders?
·     Sosiale ontwikkel : Dit speel is baie belangrike rol op die leerder se ontwikkeling. Dit sluit alles in wat die leerders in groepverband doen en leer. Die leerders leer sosiale vaardighede aan omdat hulle in groepe werk en daar vind interaksie plaas. Dit help ook dat hulle by mekaar leer en mekaar help in ‘n taal/op ‘n vlak wat hulle verstaan.
·     Emosionele ontwikkeling : Die leerders voel hulle pas in, so kan dit  die leerders help met die uitdrukking van hulle emosies en wys wat is hoe voel hulle oor ‘n saak.
·     Kognitiewe ontwikkeling : Dit help die leerders om te fokus en verstaan asook die ontwikkeling van kritiese denke. Die leerders se lyfie en geheue werk saam as een. Dit maak ook die leer makliker vir die leerders
·     Fisiese ontwikkeling : Dit help die leerders om hul fisiese vermoë te help ontwikkel soos byvoorbeeld, ritme, hand-oog koördinasie en groot- en fynmetoriese ontwikkeling. Dit help ook die leerders om te kan wees.
·     Persoonlike ontwikkeling :Dit help die leerders om ‘n goeie selfbeeld, welstand en selfvertroue te ontwikkel.

4.    Waarom in kunste integrasie ‘n waardevolle strategie?
·     Dit skep ‘n balans tussen die verskillende leer velde asook tussen kulture
·     Dit leer die leerders van die verskillende kulture soos hulle musiek, rituele en tradisionele danse.
·     Die leerders leer ook respek vir die verskillende kulture.

5.    Beplan aktiwiteite en lesse wat gefokus is op kunste integrasie vir die vak Lewensvaardigheid
Ons aktiwiteit het gegaan oor “My Liggaam”. Ons kon die aktiwiteit eintlik met so baie integreer byvoorbeeld, taal, dans en lewens vaardigheid. Ons het begin deur ‘n liedjie te sing en die bewegings te doen van “kop, skouers knieë en tone” of beter beken as “head, shoulders, knees and toes” Ons het die liedjie eers gedemonstreer en toe het die hele klas dit saam met ons gedoen. 

Ons het ‘n plakkaat van ‘n dogtertjie teen die bord vas geplak en verskillende liggaam dele op flits kaarte langs die plakkaat op die bord geplak. Die leerders moes die liggaamsdele identifiseer en die regte flits kaart op die regte liggaamsdeel plak. Ons kon ook dit met taal integreer deur die leerders te vra om die woordjie te klank en te skryf. 

Die les vandag was vir my baie lekker en interessant om almal se idees te sien. Almal het regtig baie moeite gedoen met hul aktiwiteite en daar was verseker ‘n paar wat ek gaan uit probeer! 

Ek glo deur ‘m musiek geïntegreerde les aan te bied maak dit vir die leerders lekke om te leer en hulle vergeet dat wiskunde of taal “moeilik” is. Hierdie tegniek is ‘n wenner!!

Hier is die liedjie wat ons gebruik het :: https://www.youtube.com/watch?v=ZanHgPprl-0



  











Monday, September 10, 2018

Maandag, 10 September 2018

Maandag, 10 September 2018

Vandag is sommer weer ‘n koue oggend en ek weet regtig waar nie wat het van lente geword nie! Maar in elk geval kom ons vat die dag soos hy kom.

In vandag se klas het ons gesels oor die verskillende manier wat ons musiek kan onderrig. Ons het met die ritmes geëksperimenteer en rondgespeel met die verskillende liedjies.

Ons het in groepe gedeel waar elke groep iets anders gedoen het om die ritme aan te dui. Wel ek gaan nou nie eers suger coat nie,, ek kan ritme hou as ek alleen daar op moet fokus en almal dieselfde doen, maar as almal verskillende goed doen om ritme te hou en ons moet drie dinge gelyk doen val ek van die perdjie af! Ek fokus regtig hard op dit maar sjoe dit is moeilik! Ek moet wel se ek kry dit vir die eerste drie keer reg en dan is dit all down hill from ther.  Dit is my persoonlike doelwit in hierdie klas om dit regte kry.

Ons het ook almal dieselfde liedjie gesing en net op verskillende tye begin sing. Ek is baie trots op myself om te sê ek kan dit darm doen al het ek nou nie die stem van ‘n sanger nie. 

Op die ou einde het ek die klas baie geniet en het baie geleer.

Leereenheid 2

LEEREENHEID 2 - ERVARING EN RESPONS TOT MUSIEK IN DIE GRONDSLAG FASE  

1.    Demonstreer gedetaileerde kennis en verstaning van verskillende tipes musiek aktiwiteite wat gepas is vir grondslag fase leerders
·     Beweging
·     Sing
·     Luister aktiwiteite
·     Skep
·     Musikale speletjies

2.    Musiekelemente
·      Toonkleur
·      Tekstuur
·      Struktuur
·      Dinamiek
·      Artikulasie
·      Toonhoogte
·      Meter
·      Vorm
·      Ritme
·      Tempo
·      Harmonie
·      Melodie

3.    Onderrig metodes om aktiwiteite te beplan
·      Deur musiek
·      Oor musiek
·      In musiek
·      Vanaf musiek
·      Met musiek
·      Op musiek

4.    Identifiseer maniere waarop beweging bydra tot die holistiese ontwikkeling.
·      Mentale – help met geheue en persepsie
·      Fisiese – stimulering van die bewustheid van die liggaam, help met oefening. Dit word ‘n terapeutiese interaksie.
·      Sosio-affektief – help met die bou van verhoudings.

5.    Maniere waarop beweging bydra in Lewensvaardigheid
·      Beïnvloed die manier waarop leerders die wêreld leer ken.
·      Dra by tot die fisies ontwikkeling van ‘n kind.
·      Dui aan op wat die leerders gefokus is


6.    Liggaams perkussie en die waarde daarvan as aktiwiteit.
·      Laat die leerders deel word van die ritme.
·      Verbeter die leerders se konsentrasie.
·      Help met die ontlaaiing van energie en emosies.

·      Raak bewus van liggaams bewegings.