Friday, August 31, 2018

Vrydag, 31 Augustus 2018

Vrydag, 31 Augustus 2018

Waar het die tyd heen gevlieg??? Ek kan nie glo vier weke is so vinnig verby nie. 

Vandag was ons laste dag van ons proef tydperk.  Dit was ‘n baie prettige dag by die skool gewees. Die Graad 7’s het entrepreneurs dag gehad en dit was groot pret gewees. Die idees waarmee hul opgekom het om te verkoop/te doen was iets unieks gewees. Die een stalletjie het “lego jellie” gehad, die ander het emojies verkoop is eetbare vorms en een het ‘n “maze” gehad wat die leerders moet voltooi met ‘n balletjie om ‘n prys te wen. Die leerders het hul gate uit geniet, maar soos jul kon raai was akademie heel laaste op die lys van belangstelling gewees. Dit was feitlik onmoontlik om met hul te werk, tog het ons dit op ‘n manier reg gekry om produktief te wees. 

My proef tydperk was vir my regtig ‘n baie lekker ervaring gewees. Dit is vir my so lekker om daai gesiggies te sien die eerste keer as hul iets snap of net as hul iets reg kry na die hoeveelste probeerslag. Vir my is onderwys soveel meer as net ‘n juffrou wat voor in ‘n klas staan. Vir my is dit ‘n juffrou wat omgee oor haar leerders en hul inspireer dat hul tot enige iets in staat is, dit is daai liefde wat jy vir hul gee wat hul so brood nodig het, dit is die harte wat jy as juffrou aan raak en ek sal DIT vir niks in die wêreld verruil nie!!

Sien jul volgende week in klas! Xxx 



Entrepreneurs dag💃🏼🤩


Roomys Fudg
Emojie stalletjie
Lego Jelly


















Thursday, August 23, 2018

Donderdag, 23 Augustus, 2018

Donderdag, 23 Augustus, 2018

Kan nie glo ons is alweer by Donderdag nie!! Ek kan eerlik waar nie dink waar is hierdie week heen nie! 🙈 en om te dink dat dit ons laaste week is volgende week is ondenkbaar!

Hierdie week het ons klas snoepie verkope. Die leerders bring lekkergoed of kos om te verkoop! Ons stap dan deur die skool en die leerders kan kom koop soos hulle wil (dit word genoem “rondloop snoepie”), die produkte wat oorbly na die rondloop snoepie verkoop ek en my juffrou dan in die snoepie pouses. Dit is 'n lekker deurmekaar spul, maar geniet hul gate uit. Hulle voel so belangrik as die “groot kinders” by hulle koop. Hulle bring die oulikste en lekkerste eetgoed en ek dink die mammas en pappas het baie moeite gedoen met die produkte.

Die week was ons ook lekker besig met assessering, en ek dink die leerders is al uitgeput. Hulle werk so hard en doen nog steeds hul beste maak nie saak hoe moeg hul is nie. Ek is so trots om my liefiekinders


Dit is al vir hierdie week! Tot volgende week. Xx

Vrugte stokkies (Aarbeie en druiwe)
Donuts


Mini Pizza'a
Lucy Packets


Verkope tyd!!

Friday, August 17, 2018

Vrydag, 17 Augustus 2018

Vrydag, 17 Augustus 2018

Ek kan nie glo nog ‘n week is verby nie! Die dae vlieg verby asof hulle een of ander resies wil wen!  Maar in any way terug by die die week!

Ek het nie veel te sê oor hierdie week behalwe dat die week het nogal rof was! Ek en my mentor onderwyser was lekker siek gewees die week so alles was ‘n bietjie deur mekaar! My mentor onderwyser is die musiek juffrou van die skool, so as gevolg van dat sy siek was kon die junior primêr nie  sang hê Maandag nie maar ons het darm vinnig ‘n plan gemaak om dit Vrydag in te haal, want die leerders LOVE die sang klas! Die sang periode is die hoogtepunt van die leerders se week en hulle ((en ek)) sien baie uit na die sang periodes! Ek heg ‘n kort video aan van die sang klas.

Die week was ons ook besig met assessering en die leerders het ongelooflik goed gedoen! Ek is supper trots op hulle.

Dit is al vir nou, tot volgende week! xx



Tuesday, August 7, 2018

Woensdag, 08 Augustus 2018

Woensdag, 08 Augustus 2018

Hierdie week was die eerste wee van ons WIL tydperk vir die tweede semester 2018. Dit was een baie lekker week gewees!! Ek is by dieselfde skool geplaas as die eerste semester en ek is by ‘n graad 3 klassie. Ek het die mees wonderlikste juffrou! Sy is net ‘amazing’ in wat sy doen en haar passie vir kinders straal by haar uit!! Ek het ‘n gevoel ek gaan nog baie by haar leer.

Maandag het ons ‘n Engelse les gedoen waar ons die leerders vertel het oor die verskillende soorte voedsel en hoe om gesond te eet, en kan julle glo wat gebeur toe? Ons het die les integreer met musiek, dans en kuns om die leerders van gesonde kos!! Ons het vir die leerders ‘n liedjie gespeel oor die verskillende kleure van groente en vrugte. Ons het lekker saam gesing en gedans. Die leerders het dit baie geniet en later die dag het hulle die liedjie nog steeds  gesing! Ons het hulle ‘n liedjie geleer oor die verskillende vitamienes en hul funksies.

Dit was vir my baie lekker om te sien dat onderwysers musiek in hul lesse integreer. Ek gaan musiek verseker eendag in my klas gebruik!

Hierdie week was vir my regtig baie lekker en ek kan nie wag om te sien wat die res van die WIL tydperk vir my in hou nie!

Hier is die liedjie oor die verskillende kleur van vrugte en groente :: https://www.youtube.com/watch?v=0YxD2tsvCWQ