Vandag is die eerste dag van die 2de Semester
van 2018 en my eerste klas is sommer al vroeg op ‘n koue winters oggend! Soos
ek op kampus loop kan ek sien die klasse het weer begin, want dit is sommer al
vroeg baie besig. Orals sien jy hoe staan die studente en gesels oor hul
vakansie, almal in die sonnetjie om ‘n bietjie hutte te probeer kry.
Klas 1 vir die semester is LSKM 221 / Musiek
Ek was nogal opgewonde maar ook skrikkerig vir
hierdie vak. Skrikkerig in die sin dat ek niks teoreties van musiek af weet nie (oftewel so min dat dit
niks tel nie๐) Opgewonde oor die feit dat ek mal oor musiek is. Ek is groot
gemaak in ‘n huis waar altyd musiek was en daar is tot van dag toe altyd musiek
in woonstel of kar! Ek het ‘n baie groot verskydenheid musiek smaak van vandag
se “pop” musiek tot “Golden oldies”(ek
moet bieg, die “Golden oldies” is by vere my Favorite!๐) Ek is ook baie opgewonde dat ek uiteindelik iets van musiek
gaan leer!
Toe ek in die klas instap was dit vir my so
bietjie deurmekaar en daar was nie genoeg banke en stoele vir al die studente
nie. Die spasie om een persoon was so min dat daar bitter min ruimte was om enigstes
te beweeg.
Die dosent is ‘n baie sprankelende persoon en
het my onmiddellik laat welkom voel in haar klas. Sy straal haar passie vir
musiek so uit dat dit aansteeklik is! Sy het eers vir ons van die vak vertel en
‘n bietjie agtergrond inligting gegee en daarna het sy ons ‘n klein aktiwiteit
laat doen.
Die aktiwiteit. Die aktiwiteit behels beweging
en konsentrasie en daarvoor moes ons het langs ons tafels gestaan. Ons het
begin met ‘n eenvoudige beweging deur ons voete te beweeg (soos ‘n trap
beweging) voor-voor-agter-agter. Deur dit te doen het ons ‘n ritme geskep.
Later het die dosent haar hande in ‘n seker ritme geklap en ons moes dit terug
klap terwyl ons die ritme met ons voete behou.
Aan die begin het ons ‘n bietjie deurmekaar
geraak! Ons is nie regtig gewoond aan die soort oefening nie en die helfte van
ons (ek ingesluit) se ritme is nie so 100%. Hoe meer ons dit in geoefen het hoe
makliker het dit geword, tot die hande klap by gekom het toe val ons torretjies
‘n bietjie af ๐.
Na ‘n rukkie se gesukkel en geoefen het ons
dit reg gekry!!
Die aktiwiteit beoefen so baie aspekte
en dele van ‘n persoons. Dit oefen geheue, ritme, luister vaardighede, middellyn
kruising, ligaamlike oefeninge & vaardighede en dit help met die fokus
proses.
Om hierdie aktiwiteit net so toe te pas
in die klaskamer kan vir die leerders sowel as die onderwyser voordelig wees.
Kinders (en volwassenes) kan nie vir lang periodes oplet & konsentreer nie!
Die aktiwiteit is ideaal op te gebruik tussen in lesse en klasse sodat dit net
weer die leerders en onderwyser net weer kan “reset” vir die volgende les.
Terwyl die leerders die aktiwiteit doen beoefen hulle sรณveel ander vaardighede
daar mee saam sonder dat hulle dit besef en geniet hulle self gate uit! Plus
die leerders dink dit is ‘n speletjie so almal werk mooi saam!!๐
No comments:
Post a Comment