Thursday, July 26, 2018

Maandag, 23 Julie 2018

Vandag was ons tweede klas in LSKM 221. Vir ons nuwe lesers wat nie die eerste blog post gelees het nie, hier is ‘n bietjie agtergrond. LKSM 221 handel oor musiek in die grondslagfase. Nie noodwendig hoe om die instrumente te beoefen nie maar hoe om musiek vir daai klein lyfies te onderrig en hoe ons dit kan integreer in ‘n les.

Vandag se klas het gegaan oor kunste integrasie reg deur die kurrikulum.

Aan die begin van die klas het elke student ‘n “pyp” gekry. Die “pype” is eintlik ‘Boomwhackers’, en was dit nou lekker om met dit te speel!! Boomhwackers is verskillende kleure en lengtes. Die lengtes van die Boomwhackers maak dat elke pyp ‘n spesifieke noot (A, B, C, D, E, F, G) maak as dit presies in die middel teen iets (jou hand, jou been of die banke) geslaan word. Elke noot verteenwoordig ‘n sekere kleur:

·      A – Pers
·      B – Pienk
·      C – Rooi
·      D – Oranje
·      E – Geel
·      F – Lig groen
·      G – Donker groen
Die verskillende kleure maak dit makliker ditom die speletjie meer vloeiend te laat plaas vind en om die note met mekaar te assosieer. Daar word ‘n video op ‘n skerm gespeel en die leerders volg die blokkie wat hop en slaan dan op sy spesifieke kleur as die blokkie daar op hop.
Hier is so paar video’s om te demonstreer hoe dit gedoen word.

Boomhwackers beoefen nie net die ritme en musiek van ‘n leerder nie maar kan ook met kuns en wiskunde integreer word.
·      Kuns -  kan die kleure van die Boomhwackers gebruik word om die leerders te leer van die kleur wiel en die primêre- en sekondêre kleure.
·      Wiskunde – kan dit gebruik word om vir die leerders breuke te verduidelik.

Die tweede aktiwiteit wat ons  gedoen het is: Daar is ‘n liedjie vir ons gespeel en ons moet ‘n storie skryf of ‘n prentjie teken oor wat ons voel. Almal se stories het verskil alhoewel daar ‘n deurlopende tema was van oorwinning en geluk. My storie het gegaan oor ‘n prins wat teen iemand moes baklei om uiteindelik by sy prinses uit te kom (( die prins het natuurlik gewen 😉)).

Vrae vir die dag:

1. Wat is kunste integrasie?

·      Daar is twee tipes kunste integrasie in die klaskamer naamlik:
                                                      i.  Integrasie van kuns in ander vakke bv. Taal of wiskunde. Die onderwyser moet egter net besluit watter vak gaan sy fokus. Dit is ‘n baie lekker manier om wiskunde of taal vir die leerders lekker te maak.
                                                     ii. Integrasie van musiek met ander kuns vorms bv. Sing, dans of  teken

·      Dit is baie belangrik dat integrasie van vakke vloeiend saam vloei omdat al twee vakke (bv. Musiek en wiskunde) gelyktydig onderrig word.

2. Waarom is kunste integrasie ‘n waardevolle strategie in Suid-Afrikaanse Grondslag Fase klaskamers?

·      Leerders geniet die aktiwiteite en is baie meer ontspanne omdat hulle dink hulle speel en vergeet dat hulle eintlik besig is met ‘n wiskunde les, dus leer hulle makliker die nuwe konsepte aan.
·      Die verskillende kulture kan ook “relait” met die inhoud en die leerders word ook blootgestel aan die verskillende kulture.
·      Die belangrikste aspek is : KRITIESE DENKE. Dit is baie belangrik dat leerders kritiese denke ontwikkel

3.  Hoe bevorder kunste-integrasie die holistiese ontwikkeling van Grondslag Fase leerders?
·      Sosiale ontwikkel : Dit speel is baie belangrike rol op die leerder se ontwikkeling. Dit sluit alles in wat die leerders in groepverband doen en leer. Die leerders leer sosiale vaardighede aan omdat hulle in groepe werk en daar vind interaksie plaas. Dit help ook dat hulle by mekaar leer en mekaar help in ‘n taal/op ‘n vlak wat hulle verstaan.

·      Emosionele ontwikkeling : Die leerders voel hulle pas in, so kan dit  die leerders help met die uitdrukking van hulle emosies en wys wat is hoe voel hulle oor ‘n saak.

·      Kognitiewe ontwikkeling : Dit help die leerders om te fokus en verstaan asook die ontwikkeling van kritiese denke. Die leerders se lyfie en geheue werk saam as een. Dit maak ook die leer makliker vir die leerders

·      Fisiese ontwikkeling : Dit help die leerders om hul fisiese vermoë te help ontwikkel soos byvoorbeeld, ritme, hand-oog koördinasie en groot- en fynmetoriese ontwikkeling. Dit help ook die leerders om te kan wees.

·      Persoonlike ontwikkeling : Dit help die leerders om ‘n goeie selfbeeld, welstand en selfvertroue te ontwikkel.

4.  Waarom in kunste integrasie ‘n waardevolle strategie?
·      Dit skep ‘n balans tussen die verskillende leer velde asook tussen kulture
·      Dit leer die leerders van die verskillende kulture soos hulle musiek, rituele en tradisionele danse.
·      Die leerders leer ook respek vir die verskillende kulture.


Tuesday, July 17, 2018

Maandag, 16 Junie 2018

Vandag is die eerste dag van die 2de Semester van 2018 en my eerste klas is sommer al vroeg op ‘n koue winters oggend! Soos ek op kampus loop kan ek sien die klasse het weer begin, want dit is sommer al vroeg baie besig. Orals sien jy hoe staan die studente en gesels oor hul vakansie, almal in die sonnetjie om ‘n bietjie hutte te probeer kry.

Klas 1 vir die semester is LSKM 221 / Musiek

Ek was nogal opgewonde maar ook skrikkerig vir hierdie vak. Skrikkerig in die sin dat ek niks teoreties  van musiek af weet nie (oftewel so min dat dit niks tel nie🙈) Opgewonde oor die feit dat ek mal oor musiek is. Ek is groot gemaak in ‘n huis waar altyd musiek was en daar is tot van dag toe altyd musiek in woonstel of kar! Ek het ‘n baie groot verskydenheid musiek smaak van vandag se “pop” musiek tot “Golden  oldies”(ek moet bieg, die “Golden oldies” is by vere my Favorite!😁) Ek is ook baie opgewonde dat ek uiteindelik iets van musiek gaan leer!

Toe ek in die klas instap was dit vir my so bietjie deurmekaar en daar was nie genoeg banke en stoele vir al die studente nie. Die spasie om een persoon was so min dat daar bitter min ruimte was om enigstes te beweeg.

Die dosent is ‘n baie sprankelende persoon en het my onmiddellik laat welkom voel in haar klas. Sy straal haar passie vir musiek so uit dat dit aansteeklik is! Sy het eers vir ons van die vak vertel en ‘n bietjie agtergrond inligting gegee en daarna het sy ons ‘n klein aktiwiteit laat doen.

Die aktiwiteit. Die aktiwiteit behels beweging en konsentrasie en daarvoor moes ons het langs ons tafels gestaan. Ons het begin met ‘n eenvoudige beweging deur ons voete te beweeg (soos ‘n trap beweging) voor-voor-agter-agter. Deur dit te doen het ons ‘n ritme geskep. Later het die dosent haar hande in ‘n seker ritme geklap en ons moes dit terug klap terwyl ons die ritme met ons voete behou.

Aan die begin het ons ‘n bietjie deurmekaar geraak! Ons is nie regtig gewoond aan die soort oefening nie en die helfte van ons (ek ingesluit) se ritme is nie so 100%. Hoe meer ons dit in geoefen het hoe makliker het dit geword, tot die hande klap by gekom het toe val ons torretjies ‘n bietjie af 🙈. Na ‘n rukkie se gesukkel en geoefen het ons dit reg gekry!!

Die aktiwiteit beoefen so baie aspekte en dele van ‘n persoons. Dit oefen geheue, ritme, luister vaardighede, middellyn kruising, ligaamlike oefeninge & vaardighede en dit help met die fokus proses.


Om hierdie aktiwiteit net so toe te pas in die klaskamer kan vir die leerders sowel as die onderwyser voordelig wees. Kinders (en volwassenes) kan nie vir lang periodes oplet & konsentreer nie! Die aktiwiteit is ideaal op te gebruik tussen in lesse en klasse sodat dit net weer die leerders en onderwyser net weer kan “reset” vir die volgende les. Terwyl die leerders die aktiwiteit doen beoefen hulle sóveel ander vaardighede daar mee saam sonder dat hulle dit besef en geniet hulle self gate uit! Plus die leerders dink dit is ‘n speletjie so almal werk mooi saam!!🙌