Monday, October 8, 2018

Leereenheid 3

LEEREENHEID 3 - MUSIKALE SPEL IN DIE GRONDSLAGFASE

1.    Identifiseer en bespreek die eienskappe van speel:
·      Dit is ‘n gewillige aksie
·      Daar is reëls verbonde aan die speletjie
·      Dit moet lekker wees

2.    Bespreek en evalueer die rol van musikale spel as deel van die vak Lewensvaardigheid:
·      Dit ontwikkel die leerders se motoriese vaardighede
·      Dit leer leerders om probleme op te los, byvoorbeeld: wat is die liedjie se wysie, hoe klink die wysie ens
·      Dit ontwikkel hul sosiale vaardighede
·      Dit simuleer die leerder se kreatiwiteit
·      Bevorder die leerders se kennis oor interaksie
·      Dit bevorder middellyn kruisig 

3.    Bespreek die waarde van musikale spel binne 'n multikulturele klaskamer:
·      Leer die leerders oor herkoms en erfenis.
·      Help die leerders om ander kulture te verstaan.
·      Dit stel die leerders bloot aan ander kulture se musiek.

4.    Identifiseer en bepreek die waarde van spel vir die holistiese ontwikkeling van die leerder:
·      Help met gehoor ontwikkeling
·      Leerders leer om wiskunde met behulp van musiek.
·      Dit leer die leerders waardering en respek – die leerders moet die instrumente skoon maak en oppas.
·      Dit leer die leerders verantwoordelikheid van ‘n jong ouderdom af.
·      Dit help met die ontwikkeling van die leerders se ritme.

5.    Identifiseer verskillende tipes musiek speletjies wat geskik is aan:
·      Klip speletjie op die liedjie van Owisana sana Owisana sa
·      Telefoontjie met musiek

·      Muciacl chairs


















Maandag, 8 Oktober 2018



Maandag, 8 Oktober 2018

Vandag was weer ons eerste klas na ‘n vinnige vakansie en ek moet se die vakansie was net genoeg om ons lus te maak vakansie, maar ons kon darem so bietjie rus en regmaak vir die eksamen wat om die draai is.

Vandag se klas was vir my baie lekker gewees! Ons almal was die heeltyd deel van die interaktief in die klas gewees. Ons het baie speletjies gespeel en dit is beslis iets wat ek in my klas kamer sal gebruik. Die les is so ontwerp dat die probleme vat kan ontstaan vinnig opgelos kan word soos byvoorbeeld daar kin instrumente gemaak word indien daar ‘n tekort of geen instrumente is nie.

Die inhoud van vandag se les word in meer diepte bespreek in Leereenheid 3

Groete xx

Monday, September 17, 2018

Leereenheid 5



LEEREENHEID 5 - BEPLAN 'N MUSIEK LES

1.    Die basiese struktuur en inhoud van 'n goed beplande musiek les:
·     Al die kennis moet aangeleer word deur middel van ‘n aktiwiteit omdat hul nog nie vir te lank kan konsentreer nie.
·     Dit moet die atmosfeer ophelder.
·     Die les moet op standaard wees dus moet dit ‘n liedjie wees waarvan leerders hou en wat hul ken.
·     Die leerders moet aktief betrokke wees.

2.    Kies en evalueer die verskillende onderrig metodes:
·     Gebruik van tegnologie.
·     Leerder gesentreerd.
·     Onderwyser gesentreerd
·     Onderwyser-  en leerder gesentreerd

3.    Inkorporeer beweging, speletjies en kuns strategieë:
·     Die leerders moet die heeltyd beweeg en aktief betrokke wees om hul konsetrasie te behou.
·     Speletjies is altyd ‘n wenner. Byvoorbeeld; head, shoulders, knees and toes; kan die kippie speletjie en ring a rousies.
·     Dit is baie belangrik om beweging, speletjie en kuns deel te maak van musiek.

4.    Leeraktiwiteite wat aktiewe deelname bevorder:
·     Vir die jong ouderdomme is dit baie belangrik om prentjies by te sit en dinge saam met hulle te doen omdat hulle leer deur na prentjies te kyk.
·     Wiskunde kan beoefen word met behulp van musiek – byvoorbeeld leerders kan leer tel op die ritme van die musiek, hulle kan breuke leer met behulp van musiek note ens.
·     In graad 3 kan hul instruksies uitvoer deur net te kyk na wat moet gebeur

5.    Identifiseer, evalueer en die regte assessering kies:
·     Die KABV dokument kan gebruik word.
·     ‘n Assessering moet op die leerders se vlak gekies word en iets bietjie meer uitdagend ook wees om hul te bevorder.
·     Meet die leerders se vordering individueel gemeet word en maak dan gebruik van die gemiddelde en persoonlike vordering vir punte.
·     Dit is baie belangrik om almal in ag te neem omdat ons almal verskil, nie almal is musikaal en verstaan musiek so vinnig nie. 


                                            

Leereenheid 4

LEEREENHEID 4 - KUNSTE GEINTEGREER IN DIE GRONDSLAGFASE 

Aan die begin van die klas het elke student ‘n “pyp” gekry. Die “pype” is eintlik ‘Boomwhackers’, en was dit nou lekker om met dit te speel!! Boomhwackers is verskillende kleure en lengtes. Die lengtes van die Boomwhackers maak dat elke pyp ‘n spesifieke noot (A, B, C, D, E, F, G) maak as dit presies in die middel teen iets (jou hand, jou been of die banke) geslaan word. Elke noot verteenwoordig ‘n sekere kleur:
·     A – Pers
·     B – Pienk
·     C – Rooi
·     D – Oranje
·     E – Geel
·     F – Lig groen
·     G – Donker groen
Die verskillende kleure maak dit makliker dit 
om die speletjie meer vloeiend te laat plaas vind en om die note met mekaar te assosieer. Daar word ‘n video op ‘n skerm gespeel en die leerders volg die blokkie wat hop en slaan dan op sy spesifieke kleur as die blokkie daar op hop.
Hier is so paar video’s om te demonstreer hoe dit gedoen word. 

Boomhwackers beoefen nie net die ritme en musiek van ‘n leerder nie maar kan ook met kuns en wiskunde integreer word. 
·     Kuns -  kan die kleure van die Boomhwackers gebruik word om die leerders te leer van die kleur wiel en die primêre- en sekondêre kleure.
·     Wiskunde – kan dit gebruik word om vir die leerders breuke te verduidelik.

Die tweede aktiwiteit wat ons  gedoen het is: Daar is ‘n liedjie vir ons gespeel en ons moet ‘n storie skryf of ‘n prentjie teken oor wat ons voel. Almal se stories het verskil alhoewel daar ‘n deurlopende tema was van oorwinning en geluk. My storie het gegaan oor ‘n prins wat teen iemand moes baklei om uiteindelik by sy prinses uit te kom (( die prins het natuurlik gewen😉)). 

Vrae vir die dag:

1.    Wat is kunste integrasie?
·     Daar is twee tipes kunste integrasie in die klaskamer naamlik:
i.               Integrasie van kuns in ander vakke bv. Taal of wiskunde. Die onderwyser moet egter net besluit watter vak gaan sy fokus. Dit is ‘n baie lekker manier om wiskunde of taal vir die leerders lekker te maak.
ii.             Integrasie van musiek met ander kuns vorms bv. Sing, dans of teken
·     Dit is baie belangrik dat integrasie van vakke vloeiend saam vloei omdat al twee vakke (bv. Musiek en wiskunde) gelyktydig onderrig word.

2.    Waarom is kunste integrasie ‘n waardevolle strategie in Suid-Afrikaanse Grondslag Fase klaskamers?
·     Leerders geniet die aktiwiteite en is baie meer ontspanne omdat hulle dink hulle speel en vergeet dat hulle eintlik besig is met ‘n wiskunde les, dus leer hulle makliker die nuwe konsepte aan.
·     Die verskillende kulture kan ook “relait” met die inhoud en die leerders word ook blootgestel aan die verskillende kulture.
·     Die belangrikste aspek is : KRITIESE DENKE. Dit is baie belangrik dat leerders kritiese denke ontwikkel 

3.    Hoe bevorder kunste-integrasie die holistiese ontwikkeling van Grondslag Fase leerders?
·     Sosiale ontwikkel : Dit speel is baie belangrike rol op die leerder se ontwikkeling. Dit sluit alles in wat die leerders in groepverband doen en leer. Die leerders leer sosiale vaardighede aan omdat hulle in groepe werk en daar vind interaksie plaas. Dit help ook dat hulle by mekaar leer en mekaar help in ‘n taal/op ‘n vlak wat hulle verstaan.
·     Emosionele ontwikkeling : Die leerders voel hulle pas in, so kan dit  die leerders help met die uitdrukking van hulle emosies en wys wat is hoe voel hulle oor ‘n saak.
·     Kognitiewe ontwikkeling : Dit help die leerders om te fokus en verstaan asook die ontwikkeling van kritiese denke. Die leerders se lyfie en geheue werk saam as een. Dit maak ook die leer makliker vir die leerders
·     Fisiese ontwikkeling : Dit help die leerders om hul fisiese vermoë te help ontwikkel soos byvoorbeeld, ritme, hand-oog koördinasie en groot- en fynmetoriese ontwikkeling. Dit help ook die leerders om te kan wees.
·     Persoonlike ontwikkeling :Dit help die leerders om ‘n goeie selfbeeld, welstand en selfvertroue te ontwikkel.

4.    Waarom in kunste integrasie ‘n waardevolle strategie?
·     Dit skep ‘n balans tussen die verskillende leer velde asook tussen kulture
·     Dit leer die leerders van die verskillende kulture soos hulle musiek, rituele en tradisionele danse.
·     Die leerders leer ook respek vir die verskillende kulture.

5.    Beplan aktiwiteite en lesse wat gefokus is op kunste integrasie vir die vak Lewensvaardigheid
Ons aktiwiteit het gegaan oor “My Liggaam”. Ons kon die aktiwiteit eintlik met so baie integreer byvoorbeeld, taal, dans en lewens vaardigheid. Ons het begin deur ‘n liedjie te sing en die bewegings te doen van “kop, skouers knieë en tone” of beter beken as “head, shoulders, knees and toes” Ons het die liedjie eers gedemonstreer en toe het die hele klas dit saam met ons gedoen. 

Ons het ‘n plakkaat van ‘n dogtertjie teen die bord vas geplak en verskillende liggaam dele op flits kaarte langs die plakkaat op die bord geplak. Die leerders moes die liggaamsdele identifiseer en die regte flits kaart op die regte liggaamsdeel plak. Ons kon ook dit met taal integreer deur die leerders te vra om die woordjie te klank en te skryf. 

Die les vandag was vir my baie lekker en interessant om almal se idees te sien. Almal het regtig baie moeite gedoen met hul aktiwiteite en daar was verseker ‘n paar wat ek gaan uit probeer! 

Ek glo deur ‘m musiek geïntegreerde les aan te bied maak dit vir die leerders lekke om te leer en hulle vergeet dat wiskunde of taal “moeilik” is. Hierdie tegniek is ‘n wenner!!

Hier is die liedjie wat ons gebruik het :: https://www.youtube.com/watch?v=ZanHgPprl-0